Ruimtependeltuig Atlantis

Ruimtependeltuig Atlantis (NASA-kenteken: OV-104) was een van NASA se vyf ruimtependeltuie en het vir die eerste keer in Oktober 1985 gevlieg. Atlantis was die vierde operasionele ruimtependeltuig. Die ruimtependeltuig is onttrek aan diens en is sedert 29 Junie 2013 op 'n statiese uitstalling in die Kennedy-ruimtesentrum se besoekerskompleks.

Die naam van hierdie tuig kom van 'n navorsingskip sowel as die mistieke eiland Atlantis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search